Local newsNews

Seniors geniet Kersete

Die SAVF-Huis se Kersete wat verlede Woensdag plaasgevind het, was ’n uiters genotvolle geleentheid waartydens lekker saamgekuier is. Ná die verwelkoming deur die tehuis-voorsitter, me. Hannie Smith, het ’n woonstelbewoner, ds. Wynand van Wyk, die verrigtinge met gebed geopen. Voordat die gaste aan die heerlike geregte weggelê het, het die belowende kunstenaar, Wayne Mathews, ’n …

Die SAVF-Huis se Kersete wat verlede Woensdag plaasgevind het, was ’n uiters genotvolle geleentheid waartydens lekker saamgekuier is.

Ná die verwelkoming deur die tehuis-voorsitter, me. Hannie Smith, het ’n woonstelbewoner, ds. Wynand van Wyk, die verrigtinge met gebed geopen.

Voordat die gaste aan die heerlike geregte weggelê het, het die belowende kunstenaar, Wayne Mathews, ’n oudleerling van Ligbron, die gaste met sy pragtige sang bekoor.

Die Kersete het saamgeval met die 80ste verjaardag van me. Elma Ferreira, een van die woonstelbewoners. Me. Hannie Smith en die tehuisbestuurder, me. Louise van der Merwe, het haar met die heuglike dag gelukgewens. (CK)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button