Wag en doen dit toe self

“Dit is ’n reuse-taak maar ons kan nie langer wag vir die owerhede om iets daaromtrent te doen nie,”

’n Plaaslike sakeman se misnoeë met die groot aantal slaggate in Fouriestraat het hom genoop om die inisiatief in eie hande te neem en die gate self op te vul.

“Ons kliënte maak daagliks gebruik van die pad en dit het vir ons ’n verleentheid geword. Almal wat na ons toe kom, kla oor die toestand van die pad.

Die aangeleentheid is reeds by die munisipaliteit aangemeld, maar tot dusver was daar geen reaksie van hulle kant af nie,” het mnr. George Lourens gesê.

Volgens mnr. Lourens, het die padkonstruksiefirma Raubex ingestem om die nodige stowwe te voorsien, indien die slaggate uitgevee en skoongemaak is.

Mnr. Carel Visagie, ’n 77-jarige pensioenaris, het nie op hom laat wag nie en met die hulp van mnr. Johannes Nkosi (40) het hy Maandagmiddag die slaggate begin voorberei.

’n Span padwerkers van Raubex het kort daarna aangekom en die slaggate begin opvul.

“Dit is ’n reuse-taak maar ons kan nie langer wag vir die owerhede om iets daaromtrent te doen nie,” het mnr. Lourens gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version