Local newsNews

Kerk nooi belangstellendes

Ondersteun kerk en bloeddiens.

KINROSS – Die N.G. Kerk Kinross-gemeente bied vanaf 25 tot 30 November hul jaarlikse Kersmark in die kerksaal aan.

Mense kan vanaf 10vm tot 7nm die mark besoek waar hulle sal kan kies en keur uit ’n groot verskeidenheid Kersgeskenke.

Daar sal ook ’n koffie- en teetuin wees.

Ander aktiwiteite wat dié kerk nog vanjaar aanbied, is ’n bloedskenkdag op 27 November.

Inwoners kan tussen 3nm en 6.45nm gaan bloed skenk en ’n verskil in ander se lewens maak.

Dié kerk hou op 25 Desember om 8vm hul Kersdiens en op 31 Desember om 11.30nm hul Oujaarsdiens en almal is welkom om dié dienste by te woon.

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 687 1247.

Related Articles

Back to top button