Local newsNewsReligion

Amanda verwesenlik haar droom

Amanda Sinclair, ’n onderwyser aan die Ark Christian School op Ermelo, het op 52-jarige ouderdom ’n lewenslange droom verwesenlik toe sy op 6 Oktober as pastoor in die Jaymet Christen Sentrum georden is. Amanda het van jongs af ’n hunkering gehad om haar liefde vir haar Skepper met ander te deel en die Woord te …

Amanda Sinclair, ’n onderwyser aan die Ark Christian School op Ermelo, het op 52-jarige ouderdom ’n lewenslange droom verwesenlik toe sy op 6 Oktober as pastoor in die Jaymet Christen Sentrum georden is.
Amanda het van jongs af ’n hunkering gehad om haar liefde vir haar Skepper met ander te deel en die Woord te bedien.
Nadat daaroor gebid is, het sy op aanbeveling van pastore JJ en Mettie Scholtz haar in 2007 ingeskryf vir ’n kursus in Bybelse Bediening deur die Therapon Universiteit in die VSA.
Ná voltooiing van dié kursus, het sy in Desember 2011 ’n diploma in Bediening van dieselfde instansie verwerf.
Amanda het haar daarna verder bekwaam en ’n kursus in pastorale berading deur Jaymet Ministries voltooi.
Ná ’n tydperk waartydens sy verdere praktiese opleiding by Jaymet Christen Sentrum ontvang het, is sy op 6 Oktober vanjaar as volwaardige pastoor georden.
Amanda se passie vir haar roeping is verder onderstreep toe sy ’n Christelike boek, “52 Weeks -Life Changing Devotions”, geskryf het wat verlede jaar gepubliseer is.
Amanda het haar dank en waardering teenoor God wat haar die krag en genade gegee het om haar roeping te vervul, ook aan haar man, Dennis, en hul kinders uitgespreek vir hul ondersteuning en onderskraging terwyl sy studeer het. Sy het ook die Scholtz-egpaar asook die gemeentelede van Jaymet Christen Sentrum bedank vir hul ondersteuning en vertroue in haar.

Related Articles

Back to top button