Moths onthou gesneuweldes

Die Moths-oudsoldate van Ermelo was Sondag die gasheer van ’n roerende gedenkdiens en krans-leggingseremonie by hul basis, die Monte Sole Shellhole in Jan van Riebeeckstraat. Die diens is gehou ter herinnering aan lede van die gewapende magte wat in oorloë en tydens die uitvoering van hul pligte gesterf het. Altesaam 15 kranse ter nagedagtenis aan …

Die Moths-oudsoldate van Ermelo was Sondag die gasheer van ’n roerende gedenkdiens en krans-leggingseremonie by hul basis, die Monte Sole Shellhole in Jan van Riebeeckstraat.

Die diens is gehou ter herinnering aan lede van die gewapende magte wat in oorloë en tydens die uitvoering van hul pligte gesterf het.

Altesaam 15 kranse ter nagedagtenis aan gestorwe lede van die weermag, lugmag, vloot en polisie is tydens die seremonie deur naasbestaandes gelê.

Ermelo Moths is besonder bevoorreg om een van die oudste oorlewende veterane van die Tweede Wêreld-oorlog in Suid-Afrika, die 97-jarige mnr. Dod Little, in hul geledere te hê.

“Uncle Dod” soos hy bekend staan, het self vir ’n tere oomblik gesorg toe hy ’n krans ter nagedagtenis aan sy gevalle kamerade gelê het.

Hy het as krygs-gevangene in die Tweede Wêreldoorlog talle ontberings deurgemaak.

Dié tradisie van die Moths (Memorable Order of Tin Hats) word wêreldwyd op die Sondag naaste aan die 11de dag

van die 11de maand

gehou om ook die beëindiging van die Eerste Wêreld-oorlog in 1918 op dié datum te herdenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version