InternationalSport

Ermelo Rugbyklub buig die knie teen Embalenhle Rugbyklub

Die dringendheid om die wedstryd te wen, na die drie van Ermelo, was duidelik sigbaar by eMbalenhle se spelers en die tempo van die spel het vinnig opgetel.

Ermelo Rugbyklub het na ’n naelbytstryd die knie teen eMbalenhle in hul derde ligawedstryd gebuig.

Dié kragmeting het om 3nm by AJ Swanepoel Stadion op Ermelo afgeskop.

Die spanning tussen die spelers was tasbaar, maar albei spanne het goeie dissipline gehandhaaf.

Ermelo het na die eerste helfte met ’n telling van 19-7 die oorhand gehad en het vroeg in die tweede helfte weer agter die pale gaan kuier.

Die dringendheid om die wedstryd te wen, na die drie van Ermelo, was duidelik sigbaar by eMbalenhle se spelers en die tempo van die spel het vinnig opgetel.

Die eMba-manne het Ermelo in die doodsnikke van die wedstryd met 33-31 getroef.

Lees die volledige verslag oor dié tweestryd in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button