InternationalSport

Laerskool JJ van der Merwe se EXE-pretdag sorg vir vele opwindende en angstige oomblike

’n Snak-na-jou-asem oomblik wat toeskouers nie sommer sal vergeet nie, was toe een van die bestuurders se pypkarre omgeval en by die duin afgerol het.

Die leiers van Laerskool JJ van der Merwe het op Saterdag 13 April ’n 4×4-pretdag as deel van hul geldinsamelingsprojek aangebied.

Dit het op die EXE-baan, 5km buite Ermelo op die pad na Morgenzon plaasgevind.

Dit was ’n dag vol opwinding en spanning met toeskouers wat hul aan waaghalse wat duine uitgery, verkyk het.

’n Snak-na-jou-asem oomblik wat toeskouers nie sommer sal vergeet nie, was toe een van die bestuurders se pypkarre omgeval en by die duin afgerol het.

Bystanders het vinnig nader geskarrel om die kar regop te rol en seker te maak dat daar geen beserings was nie, maar die bestuurder het almal verseker dat dit slegs hulle “ego’s” was, wat ’n knou gekry het.

Lees die volle berig en uitslae van die EXE pretdag in die week se Hoëvelde.

 

Related Articles

Back to top button