Bal ‘hop’ in Standerton Krieketklub se guns tydens wedstryd teen Ermelo Frogs

Dit was egter die daaropvolgende venootskap tussen Dayne Young tesame met Daniel, wat die Frogs se grootste kopseer was.

Standerton Krieketklub het die afgelope naweek die span van Ermelo Frogs met 270 lopies gewen.

Ermelo het die loot gewen en besluit om Standerton in te stuur om te kolf.

PJ Venter, openingskolwer, was vinnig van die merk afgewees en kon ’n allemintige 86 lopies in 61 balle aanteken, sy venootskap met Craig Young was egter van korte duur.

Young is vir ’n nulletjie uitgeboul na slegs drie aflewerings.

Bouler Lappies Labuschagne van die Frogs, het uiteindelik ook geslaag om Venter te stuit voordat hy sy 100-tal kon aanteken.

Kai Daniel en  Jacques Nel was volgende aan die beurt, Nel en het gedikteer met die kolf, hy het 39 lopies van 42 balle geslaan voordat hy voor sy paaltjies betrap is en deur ’n  bvp-beslissing, uitgestuur is.

Standerton Krieketklub se kaptein, Werner Mouton, het sy deel gedoen en 17 lopies by die telling gevoeg voordat hy ook deur bvp-beslissing terug kleedkamers toe gestuur is.

Dit was egter die daaropvolgende venootskap tussen Dayne Young en Daniel, wat die Frogs se grootste kopseer was.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

Exit mobile version