InternationalSport

Die ringbalseisoen skop af op Secunda

Drie dorpe se ringbalspanne meet kragte op Secunda om die ringbalseisoen te begroet.

Die Gert Sibande-streek het op Saterdag, 10 Maart die ringbalseisoen afgeskop met ’n groot ringbaldag by die Sasol Ringbalklub.

Die spanne van Sasol Secunda, Ermelo en Mkondo (Piet Retief) het kragte gemeet.

Sasol se mans A-span het twee keer teen Ermelo uitgedraf en albei wedstryde gewen. Die telling was 48-28 en 40-16.

Sasol se vroue B-span het Mkondo naelskraap met 16-14 geklop, maar moes die knie buig vir Ermelo wat die wedstryd met 52-4 gewen het.

Ermelo se vroue B-span het ook Mkondo se A-span met 16-10 geklop, terwyl Sasol se vroue A-span Ermelo se B-span met 28-26 gekop het.

Ermelo se vroue A-span het die wedstryd teen Sasol se A-span oorheers en met 40-20 gewen.

Die spanne speel weer die naweek teen mekaar op Ermelo.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button