Community galleriesGalleries

[GALERY] Musiek vul Trichardt se strate

Dié fees is op Saterdag, 2 November by Our Place Sports Pub aangebied, waar die straat afgesper was.

TRICHARDT – Die Straatfees het weereens ’n groot skare gelok.

Dié fees is op Saterdag, 2 November by Our Place Sports Pub aangebied, waar die straat afgesper was.

Kindervermaak, stalletjies en heerlike eetgoed het almal gelukkig gehou.

Direk na die wêreldbeker rugbystryd was die stoele nog leeg, maar teen die tyd wat Juan Boucher die verhoog betree het was bykans elke sitplek vol.

Die gehoor het in besonder Juan Boucher en Jo Black se optrede geniet.

Joe F het ’n meer komiese aanslag gehad.

Steve Hofmyer het effe teleurgestel omdat hy slegs ’n vinnige verskyning gemaak het.

Dit was ’n goed georganiseerde fees en elkeen wat dit bygewoon het, het dit geniet.

Bekendes soos Ramey Short, ook as Dr. Quintin Meyer van binnelanders bekend, was in die gehoor en het nie geskroom om fotos saam met aanhangers te neem of handtekeninge uit te deel nie.

Related Articles

Back to top button