[Foto galery] Hoërskool Oosterland-revue gaan musiek vir almal se smaak hê

Revue beloof musikale pret vir oud en jonk.

Hoërskool Oosterland op Secunda bied binnekort hulle revue, Tribute to the Stars, in die Johannes Stegmann Teater op Secunda aan.

Dit word vanaf 30 Augustus tot 1 September aangebied en kaartjies is reeds by Computicket of Checkers beskikbaar.

Volgens die produksieleier, me. Rozaan de Kock, is dié revue beslis ’n musikale avontuur soos geen ander nie.

“Dit handel oor musiek wat ’n universele emosionele taal is wat ons toelaat om te voel, dit bring ons saam en neem die kyker op ’n reis deur tyd.”

Dit is ’n mengelmoes van klanke en nostalgie, vol idees wat emosies in betekenisvolle maniere uitbeeld, deur middel van ’n paar van die wêreld se beste popsterre van toeka tot nou – ’n ongelooflike versameling musiek van Marilyn Monroe en Roxette tot die Beatles.

Die produksieleiers het moeite gedoen om iets vir almal se smaak in die program in te werk en hoop om die kykers op ’n verbeeldingvlug te neem.

“Hulle moet terug dink aan waar hulle was toe hulle vir die eerste keer die Macarena gehoor het! Dit is ook lekker om die leerders die blootstelling te bied van ’n professionele teaterproduksie met die atmosfeer wat daarmee gepaard gaan.”

Die uitvoerende choreograaf is mnr. Dean Wrigley, ’n oudleerder van Hoërskool Oosterland, met me. Mari Ludwick en Jaco van der Westhuizen, gr. 11 leerder, wat ook gehelp het met choreografie.

Vir meer inligting, skakel Hoërskool Oosterland by 017 631 1091.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version