Foto’s – Sasol klop Ferro’s en dring deur na halfeindronde

Sasol Hydra-Arc se eerstespan het Ferro’s se eerstespan geklop en na die halfeindronde van die Premierliga deurgedring.

Die Sasol Hydra-Arc-eerstespan van die Secunda Rugbyklub het verlede naweek Ferro’s se eerstespan met 79-12 geklop en na die halfeindronde van die Premierliga op Saterdag, 15 Julie deurgedring.

Die tweedespan sou teen Ferro’s se tweedespan gespeel het, maar dié span het die wedstryd verbeur en gekies om nie te speel nie, wat beteken dat die Secunda-manne bo-aan die ranglys eindig.

Die derdespan het teen Middelburg gespeel en die besoekers met 36-32 geklop.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version