GalleriesSchools galleries

Erries bult sportspiere teen Volksrust

Die Erries se hokkie- en rugbyspanne het Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Volksrust kragte gemeet.

Die Erries se hokkie- en rugbyspanne het Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Volksrust kragte gemeet.

Van die hokkiewedstryde was taai, maar die Erries het kopgehou en met uitstekende spelpatrone teruggeveg.

Die 0/14A’s, ‘n jong span wat die jaar uitstekend ontwikkel, het gelykop met twee doele geëindig.

Die 0/15A’s het hul wedstryd 7-1 gewen, nadat hulle van die begin af die wedstryd oorheers het.

Harde werk het gesorg vir die 0/16A-span se 3-0 oorwinning. Berné de Kock het die eerste doel aangeteken en Janice Harmse het gesorg vir nog twee.

Die tweede span was in ‘n taai stryd gewikkel en het hul wedstryd 1-0 verloor.

Die eerste span het gelykop met ‘n doel elk geëindig.

Die eerste seunshokkiespan het teen halftyd 4-1 voorgeloop en ná ‘n taai tweede helfte 6-2 gewen.

Die puntemakers was Mark Gardiner (3), Christiaan van Huysteen (2) en Elandré Kruger (1).

Op die rugbyveld het die Erries vier van hul vyf wedstryde gewen.

Vir die eerste span wat 24-5 koning gekraai het, het Ruan Smit (2) en Hans Greyling drieë gedruk, terwyl Ruan

Grobler twee drieë verdoel asook ‘n strafskop in punte omgeskep het.
Jannie Eloff het ‘n doelskop bygedra.

Die 0/16B-span wat Volksrust se 0/16A’s met 32-29 geklop het, het die wenpunte met ‘n doel in die doodsnikke van ‘n opwindende wedstryd aangeteken.

Die 0/15A’s wat nog onoorwonnen in die liga is, het ses drieë in hul oorwinning van 38-0 gedruk.

Die 0/14A’s het met 29-7 geseëvier, maar die tweedes het 8-17 teen Volksrust vasgeval.

Die Erries speel eerskomende Saterdag teen Ligbron op Ligbron se velde.

Related Articles

Back to top button