Bethal klop Carolina

CJ Kotzé en Tewie Weldon was die spelers van die wedstryd.

BETHAL – Carolina se rugbyspan het op Saterdag, 28 Maart in die stof gebyt toe Bethal Rugbyklub hulle 36-15 geklop het.

Carolina het in die eerste helfte met 10-8 voorgeloop, maar Bethal het nie op hulle laat wag nie en die wa deur die drif getrek en die wedstryd gewen.

Spelers van die wedstryd was CJ Kotzé en Tewie Weldon.

SG Labuschagne en Tewie Weldon het elkeen twee drieë gedruk en Marius Herbst en Kriek Vermaak elkeen ‘n drie.

Die span se volgende wedstryd is teen die Witbank Hurricanes op eMalahleni (Witbank) op Saterdag, 18 April.

Bethal Rugbyklub oefen weekliks op Dinsdae en Donderdae om 6.15nm.

Vir meer inligting, skakel Jannie Burger by 072 547 2342.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version