Wynand en Chereé tree by Christenfees op

Die jaarlikse Christenfees word vanaf 15 tot 17 September op Bethal gehou.

Dit word deur die Afrikaanse Christelike Kerk aangebied.

Wynand en Chereé tree op 15 September op.

Die vertoning begin om 7nm en vind in die Gereformeerde Kerk op die dorp plaas.

Skakel me. Leana du Plooy by 082 464 1659.

Die Christenfees word afgesluit met die hoogtepunt op Sondag, 17 September om 10vm met ’n erediens by die AC Kerk in Bethal-Noord.

Wynand en Chereé tree op 15 September by die AC Kerk se Christenfees op.
Exit mobile version