Wen kaartjies vir inniPark Fees

Dit is weer byna tyd vir vanjaar se Laerskool Secunda inniPark Fees wat op 26 Augustus aangebied word.

Bykans 4 000 mense het verlede jaar se fees bygewoon.

Jy kan twee kaartjies vir die fees wen.

Die kompetisie vind op die Facebookblad inniPark Fees 2017 plaas.

Die fees word in die groenstrook agter Sasolklub gehou.

Toegang beloop R80 vir volwassenes, R50 vir hoërskoolleerders, R50 vir pensionarisse met bewys van pensionariskaart en R30 vir laerskoolleerders en kleuters.

Kaartjies sal by die hekke te koop wees.

Meer vermaak en pret is heel bo aan die lys met bekendes soos DJ Ossewa, Gerhard Steyn, Ray Dylan en Dirk van der Westhuizen.

PJ Pretorius, bekend vir sy optredes in The Voice SA wat op MNet te sien is, gaan ook optree.

Hy is tans een van die finaliste.

Kinders sal vermaak word met ’n vetoning deur Babalela.

Die kleinspan sal ook besig gehou kan word met springkastele, ponieritte, trekkertjie-ry en ander kinderspeletjies.

Die feestye is as volg:

Babalela 10vm tot 11vm

Mnr. en Mej. Fees 11vm tot 11.45vm

Dirk van der Westhuizen 12nm tot 1nm

PJ 1nm tot 2nm

Ray 2nm tot 3nm

Gerhard 3.15nm tot 4.15nm

DJ Ossewa 4.30nm tot 5.30nm.

Stalletjies is nog beskikbaar vanaf R350.

Neem ook deel aan die fietswedren vir deelnemers sewe jaar en jonger tot en met 14 jaar.

Jy kan die volgende Mnr. of Mej. Fees wees.

Enige iemand tussen die ouderdom van drie tot 20 jaar is welkom om in te skryf.

Insrywings vir die fietswedren en Mnr. en Mej. Fees kos R50 per persoon en inskrywingsvorms is by die skoolkantoor beskikbaar.

As daar ondernemings is wat belangstel om as borg op te tree, kan hulle Lizelle by die skool by 017 634 7612 skakel of skakel@secundalaer.co.za.

Exit mobile version