Volle Evangelie Kerk hou basaar

Die volle Evangelie Kerk Kruisgenerasie se basaar vind op 30 September op Bethal plaas.

Verskeie sangers, onder andere Jakes en Armand van der Hoff, gaan optree.

Stalletjies is beskikbaar teen R100 elk.

‘n Mnr. en Mej. Gospel gaan gekies word, terwyl basaargangers ook aan ‘n potjiekoskompetisie kan deelneem.

Kinders kan verseker wees dat daar genoeg pret vir hulle sal wees.

Boeresport gaan ook die dag opkikker.

Skakel me. Chevone Venter by 081 585 9897.

Exit mobile version