Vier fees saam met Residentia Palmoord

Residentia Palmoord vier op 2 September hul 25ste verjaarsdag met ’n groot fees.

Dit word op die oord se terrein gehou en feesgangers kan onder andere aan die potjiekoskompetisie deelneem.

Ander aktwiteite sluit in stalletjiess (handwerk, juwele, kos), asook die uitstalling van ou motors en motorfietse en nuwe motors.

’n Kompetisie vir skole gaan ook gehou word, onder andere ’n inkleurkompetisie vir laerskole, terwyl Hoëerskool Hoogenhout koeke gaan bak.

Die hoogtepunt van die fees is die verkiesing van Mnr. en Me. Palm wat slegs vir inwoners se deelname is.

Inwoners wat hiervoor inskryf, gaan ook ’n modeparade aanbied.

Die kinders word ook nie vergeet nie, want ’n kinderhoekie sal beskikbaar wees.

Daar is nog stalletjies beskikbaar en enige iemand kan vir die potjiekoskompetisie inskryf.

Skakel me. Louise van Rooyen by 017 647 2593.

Exit mobile version