Standerton Rugbyklub speel komende naweek op tuisveld

Standerton Rugbyklub sal op Saterdag, 10 Maart met twee spanne teen Bethal op hul tuisveld meeding.

Die tweedespan speel om 2nm op die A-veld by die Vaalrivierskool en die eerstespan sal om 3.15nm op dieselfde veld afskop.

Toeskouers word gevra om die ingang op die Leandra-pad te gebruik.

Toegang is gratis en koeldrank en worsrolle gaan te koop wees.

Vir meer inligting, skakel mnr. Jakes Coetzee by 071 120 5918.

 

Back to top button