Smul aan allerlei lekkernye by AC Kerk Vorentoe se basaar

Die AC Kerk Vorentoe se jaarlikse basaar word op 5 Augustus vanaf 9vm by die kerk aangebied.

Die kerk is in Marklaan 2, Bethal-Noord geleë.

Basaargangers kan hulle gereed maak om te smul aan pannekoek, sosaties, warmbrakke, en vele meer.

Daar sal ook kinderspeletjies aangebied word, asook skyfskiet.

’n Koektafel, kindertafel, vleistafel, kosmostafel en nagereg is ook beskikbaar.

Skakel 072 484 9471 vir meer inligting.

Back to top button