Polocrosse kampioenskap word vanjaar op Bethal aangebied

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Polocrosse Kampioenskap word vir die tweede agtereenvolgende jaar op Bethal aangebied.

Dit vind vanaf 25 tot 27 Augustus plaas.

Dit is een van die grootste toernooie op die jaarlikse polocrosse-kalender.

Die kampioenskap is vroeër in KwaZulu-Natal gehou en is verlede jaar as ’n proeflopie op Bethal gehou.

Dit was só ’n groot sukses, dat daar besluit is om dit vanjaar weer hier aan te bied.

Honderde spelers en perde van so ver as Richmond en Paddock gaan in aksie wees.

Al die Springbokspelers gaan aan die kampioenskap deelneem.

Vir meer inligting, skakel Bethal se voorsitter, mnr. Gert van der Merwe, by 082 653 0323.

Die klub is geleë buite Bethal op die Standertonpad.

Back to top button