Militêre Veterane Hengelkompetisie is om noodfonds te stig

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging se Militêre Veterane van Standerskop, Standerton sal op 24 Maart ‘n hengelkompetisie aanbied.

Dié ope-oewerhengelkompetisie sal by die Waterwese-terrein gehou word en die hek sal reeds om 6vm open en hengelaars sal vanaf 7vm lyne kan ingooi, met die inweeg wat tussen 3nm en 4nm plaasvind.

Die koste is R150 ‘n hengelaar en slegs twee visstokke ’n hengelaar word toegelaat, maar geen aas-bote of kano’s en ‘inloop’ om te gooi nie.

Pryse sal in die volgende afdelings toegeken word:

• Swaarste Karp

• Swaarste Baber

• Swaarste Modderbek

• Beste spesie sak

• Beste junior

Troospryse kan ook tydens die prysuitdeling gewen word.

Volgens die bestuur, is die kompetisie ‘n geldinsamelingsprojek om ’n noodfonds vir militêre veterane van die Standerskop-eenheid te stig en om die eenheidadministrasie gesond te bedryf.

Navrae kan aan mnre. Jan Bezuidenhout by 082 895 8645, Leon Hattingh by 082 928 7892 en Pikkie Petzer by 082 306 0615 gerig word.

Back to top button