Lentefees vanjaar prettiger as ooit

Chris Chameleon tree Vrydag, 25 Augustus om 6nm vir 6.30nm op by die Hervormde Kerk Bethal se Lentefees op die kerkterrein.

Toegang is gratis.

Kom kamp uit met ’n kampstoel of kombers. Heerlike kos sal te koop wees.

Geen eie kos en drinkgoed word toegelaat nie.

Die Lentefees open reeds om 2nm met heerlike hamburgers, pannekoek, kerrie en rys, gebak, poedings, ’n teetuin en vele meer.

Bring gerus jou kroos na ons kindertuin en speletjies met hope pret en plesier.

Hulle sal ook die geleentheid kry om vir Elsa van die film “Frozen” te ontmoet asook Spiderman.

Daar is groot pryse op die spel vir die vark- en hoendervangboeresport wat om 3nm begin.

Enige iemand kan gratis deelneem.

Daar sal ook ’n pretloop vir die hele gesin om 4nm plaasvind.

Kaartjies vir die kindertuin is by ds. Mari Manders teen slegs R25 te koop.

Vir meer inligting, skakel ds. Manders by 082 899 5870, ds. Cobus Manders by 082 937 3868 of die kerkkantoor by 017 647 3093.

Chris Chameleon tree by die Hervormde kerk Bethal se Lentefees, Vrydag 25 Augustus om 6nm vir 6.30nm op die kerkgronde op.
Ingang is gratis.

 

Exit mobile version