Herontdek, verstaan en beleef weer jou vryheid in Christus

Die N.G. Kerk Secunda-Oos, Die Rots, bied ’n oorwinnaarsnaweek vanaf 1 tot 3 September aan.

Tydens dié naweek word jy gehelp om verantwoordelikheid vir jou eie lewe en denkprosesse te aanvaar.

Jy herontdek jou identiteit in Christus.

Leer om die leuens van Satan te ontbloot en te verwerp, die waarheid te kies soos dit in God se Woord geopenbaar word en om persoonlike en geestelike konflikte te identifiseer en op te klaar.

Dit word deur ds. Stephan Briel aangebied.

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 634 7518, ds. Briel by 082 253 3029 of Henriëte by 072 480 1758.

Back to top button