Damesoggend – Tel op jou kop, jou kroon val af

Geniet ‘n spesiale damesoggend wat gereël word deur Let Love Clothing.

Die tema is Lig op jou kop, jou kroon val af.

Die gasspreker is Nicolette Steel.

Dit beloof om jou op die punt van jou sitplek te laat sit, terwyl sy deur die verskillende siesoene van jou lewe gaan en stilstaan by die winterseisoen en hoe jy jou kroon op jou kop hou deur moeilike tye.

Die gaskunstenaar is Natascha C.

Haar ongelooflike stem en sprankelende persoonlikheid gaan sing totdat jou siel oorloop van vreugde.

In die Chapel  is daar ’n mini-mark met uitsoekuitstallers wat seker gaan maak daar is iets vir elke vrou se smaak.

Jy gaan ook bederf word met ’hartskos’ uit die Holfotein Plaaskombuis.

Sit op jou kroon, trek jou kombersie nader as jy dit oor jou bene wil gooi, want daar op die plaas kan dit ’n rapsie kouer raak as op die dorp.

Vir meer inligting, skakel Val van der Bergh van Let Love Clothing by 078 398 9188.

 

Exit mobile version