Local newsNews

Ondersteun Kankeromgeeprojek en koop gekleurde strikke by die Ridge Times kantoor

Die geld wat met die verkoop van die strikke ingesamel word, word aangewend om plaaslike kankerpasiënte te ondersteun.

Die ATKV Kosmosrandtak se jaarlikse Kankeromgeeprojek, ook bekend as die strikkeprojek, het onlangs afgeskop en duur tot einde November.

Tydens dié projek verkoop die ATKV gekleurde strikke wat om bome of pale vasgemaak kan word vir bewusmaking van kanker en die stryd wat kankerpasiënte stry.

Die geld wat met die verkoop van die strikke ingesamel word, word aangewend om plaaslike kankerpasiënte te ondersteun.

’n Strik kos R20 en is beskikbaar in geel vir kinderkanker, blou vir kanker onder mans, pienk vir kanker onder vroue en pers vir enige kanker.

Die strikke is beskikbaar by die Ridge Times se kantoor.

Vir meer inligting, skakel me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV Kosmosrandtak, by 074 103 6381.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button