Radio Raps tree by Graceland op

Jonathan van die Oos-Rand, beter bekend as Radio Raps, gaan op 28 Oktober by Graceland Casino optree.

Sy eenmanvertoning, “Dingetjies en Goetertjies”, handel oor die alledaagse dinge van die lewe en beloof om skreeusnaaks te wees.

Met dié vertoning probeer Radio Raps veral sin maak van dinge van ons medemens wat ons maklik irriteer.

“Boys, die lewe is ’n snaakse ding, soms maak dinge net absoluut glad nie sin nie,” het Jonathan gesê.

“Daar is soveel verskilletjies wat ons in ag moet neem as dit kom by vroumense, mansmense en kinders om hulle te verstaan.

“Dit krap ons net meer om as jy probeer sin maak daaruit, tog is dié dingetjies en goetertjies alles nodig en alles sal orraait wees,” meen Jonathan.

Bekende sêgoed soos “Lekker Boys”, “Da vat hy”, “Okeey” en “Olraait” van Jonathan is algemeen onder Suid-Afrikaners, en Radio Raps se oorspronklike material op YouTube is al deur meer as 3 miljoen mense gekyk.

Die vertoning begin om 7nm en kaartjies kos R150 per person en is by Graceland beskikbaar.

Vir meer inligting, skakel Graceland by 017 620 1000/1102 of besoek die webwerf by www.computicket.com.

Daar is spesiale pryse beskikbaar op Dinner and Show-pakkette sowel as spesiale afslag vir Winners Circle-lede.

Geen kinders onder die ouderdom van 16 sal toegelaat word nie en daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Back to top button