LettersOpinion

Munisipaliteit lewer swak diens

Vullisverwydering op Secunda is tevergeefs.

Ek het op 19 Desember my vullissakke uitgesit en was geskok toe die vullisverwyderingsvragmotor net ’n paar sakke vulis verwyder het.

Die sakke wat hulle wel gevat het, het hulle met die inlaaislag geskeur en die helfte van die vullis voor my erf laat val.

Ek het die munisipaliteit geskakel en met skok verneem dat net ses vullissakke per huis verwyder word en dat hulle nie meer tuinvullis verwyder nie.

Al my gesnyde gras was netjies in swartsakke toegemaak.

Word ons nou sodoende gedwing om eerder tuindienstes te kry?

’n Mens probeer geld spaar sover jy kan, maar om elke hoek en draai kry ’n mens swakker diens.

Die vullis staan nou al ’n week en dit stink en is papsopnat gereën.

Ek het nie ’n bakkie of ’n sleepwaentjie nie.

Moet ek die goed nou in my motor laai?

’n Mens kan nie eers waag om vuilgoed na die vullishoop net buite die dorp te ry nie, want dit is ’n gemors daar.

As jy daar kan ingaan, kom jy met ’n pap wiel daaruit.

Waarheen nou?

Waarvoor betaal inwoners vullisverwydering?

Ongelukkige Secunda-inwoner.

(Ed: dit is so dat die munisipaliteit al baie lank net ses vullissakke verwyder. Hulle neem glad nie tuinvullis nie.)

Related Articles

Back to top button