Local newsNewsReligion

Charne bied weer Bybelstudie aan

Evangelies Gereformeerde Kerk bied Beth Moore se Bybelstudie aan.

SECUNDA – Me. Charne Scholtz van die Evangelies Gereformeerde Kerk bied in Februarie weer ’n Bybelstudie van Beth Moore aan.

Sy het alle vroue genooi om by dié Bybelstudie in te skakel.

Sy het verlede jaar twee Bybelstudies van dié prediker aangebied, naamlik Ester en Aardsvaders.

Die nuwe Bybelstudie wat op 6 Februarie begin se naam is Glo God.

Vroue gaan na ’n dvd van Beth Moore kyk en me. Scholtz sal ook sekere dele van die Bybelstudie hanteer.

Dit vind elke Donderdag om 9.30vm en 6nm by die kerk plaas.

Die koste beloop R175 per persoon en sluit studiemateriaal in.

Vir meer inligting, skakel me. Scholtz by 084 406 0136.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button