Secunda Rolbalklub boeredans om bane op te knap

Die Secunda Rolbalklub bied ’n boeredans op Saterdag, 19 Augustus aan as deel van hul geldinsamelingsprojek vir die opgradering van hulrolbalbane.

Die Ventertjies, twee jong sussies wat boeremusiek op kitaar speel, gaan die vermaak verskaf en daar gaan genoeg plek wees om te dans.

Kaartjies kos R120 per paartjie en jy word genooi om jou eie piekniekmandjie saam te neem.

Daar sal ’n kontantkroeg wees en jy mag nie jou eie drank saamneem nie.

Die dans begin om 7nm en jy kan mnr. Jan Labuschagne skakel by 082 873 4316 vir meer inligting.

Back to top button