Local newsNews

Armand Riekert het groot drome vir die Oregon Spur

Armand Riekert verstaan die publiek se frustrasies, maar fokus egter daarop om deur die Oregon Spur in Secunda iets vir die gemeenskap te beteken.

Mnr. Armand Riekert verstaan dat dit jare se harde werk neem om ’n onderneming se naam op te bou, want hy het dit al gedoen.

Hy, sy ma Lizelle, en sy suster Anzel, het bykans 18 maande gelede na Secunda verhuis om een van hul grootste uitdagings nog aan te pak, maar sy storie begin eintlik sowat 10 jaar gelede.

“Ek was net klaar met skool toe ek as kelner by die Denver Spur in Pretoria begin werk het waar my ma ook op daardie stadium gewerk het.

“Ons het nie altyd die maklikste lewe gehad nie en my ma moes drie werke doen om ons gesin te ondersteun toe ek en my sussie klein was.

“Sy het ons alleen grootgemaak en Spur was nog altyd deel van ons.”

Kort nadat hy begin werk het, het die eienaar, mnr. Morné Brown, hom die geleentheid gebied om bestuursondervinding op te doen.

“Sonder Morné sou ek nie vandag hier in my eie restaurant, met my ma en suster as deel van my span, gesit het nie.”

Deur die werk wat hy en sy ma by Spur gehad het, kon hulle sorg dat Anzel sonder tekortkomings haar skoolloopbaan voltooi en dit het net sin gemaak vir haar om in die “familie-onderneming” in te gaan.

“Ons het nege jaar in Pretoria gewerk en jy kan onmoontlik nie so betrokke by ’n onderneming wees en steeds net daaraan dink as werk nie.

“Dié is wie die Riekerts is en waar ons groot passie in die lewe lê.”

Die gesin het in 2015 die geleenthied gekry om saam met mnr. Brown die Oregon Spur op Secunda by mnr. Tjaart Kotze oor te neem.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Related Articles

Back to top button