Local sportSport

Nandi algemene wenner van 25ste PWC Kosmos 3-in-1 Marathon

Die Kosmos 3-in-1 is die enigste wedloop in die land van sy soort waar wedlope so gespasieer is dat atlete aan drie wedlope op een dag kan deel neem.

SECUNDA – Secunda se strate het weer vanjaar gedruis tydens die 25ste PWC Kosmos 3-in-1 Marathon terwyl honderde atlete aan dié gewilde marathon deelgeneem het.

Atlete landwyd het na Secunda gestroom om drie wedlope op een dag te voltooi.

Die Kosmos 3-in-1 is die enigste wedloop van sy soort in die land waar wedlope só gereël word, dat atlete aan drie wedlope op een dag kan deelneem.

Meeste mense het tussen die wedlope in die swembad afgekoel of hul moeë bene laat masseer.

Nandi Zaloumis Mitchell is die algehele wenner van die Kosmos 3-in-1.

Craig Cynkin van die Nedbankklub het die 42.2km-wedloop gewen, Graham Malinga van Nkangalaklub die 21km-wedren en Cowin Khoza van die Eskomklub die 10km-wedloop.

Vir nog foto’s en videos, besoek die Ridge Times/Echo se Facebookblad, asook die webtuiste by www.ridgetimes.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button