Editor's choiceLocal newsNews

Bethal-seun is steeds in hoësorgeenheid na brandongeluk

“My seun is nou in goeie hande,” sê ma van 11-jarige.

BETHAL – Kyle Werner, die 11-jarige leerder van Laerskool H.M. Swart wat op 3 Maart erg brandwonde by sy huis opgedoen, is steeds in die hoësorgeenheid.

Die ongeluk het gebeur toe Kyle ’n bottelproppie vol brandstof uit ’n kan wat sy ma vroeër gekoop het om die gras mee te sny, aan die brand gesteek het.

Sy vingers het gebrand en hy het die inhoud van die proppie op hom laat val.

Die vuur het van daar versprei en ook ’n kan olie laat vlam vat.

Me. Engela Werner het gesê hulle het dadelik die vuur met die tuinslang doodgespuit.

Kyle het brandwonde aan sy bene, bolyf en arms opgedoen.

Hy is na Bethal Hospitaal gen

eem vir behandeling.

Me. Werner is daar in kennis gestel dat hy na ’n hospitaal met ’n brandeenheid oorgeplaas moet word en dat ’n kontantdeposito vereis word.

Die gesin beskik net oor ’n hospitaalplan en kon nie die deposito betaal nie.

Mnr. Martin Vermaak, ’n weldoener van Duitsland, het ’n Facebook-plasing oor Kyle gesien en besluit om betrokke te raak.

Hy het die deposito aan die Werner-gesin geskenk.

Kyle sou reeds op 4 Maart na ’n hospitaal op Alberton met ’n brandeenheid oorgeplaas word, maar is Sondag om 1vm per ambulans na die Netcare Clinton Hospitaal vervoer.

Hy is in die hoësorgeenheid en word onder verdowing gehou omdat hy baie pyn verduur.

Hy kry ook buisvoeding.

Dokters reken hy sal sowat sewe weke behandeling in die hoësorgeenheid moet ondergaan omdat die kanse groot is dat hy infeksie kan kry.

Me. Werner het bevestig dat hy wel veloorplantings op sy bene gaan benodig, maar dat dit is eers nodig is om sy witbloedseltelling te verhoog om die vel ’n beter kans te gee om te groei.

“Hy is nou in baie goeie hande,” het sy bygevoeg.

Die hoof van Laerskool H.M. Swart, mnr. Charles Pentz, het gesê Kyle is ’n klein vegtertjie.

“Ten spyt

e van die pyn, bly hy positief.

“Ons dra hom en sy gesin op aan Jesus vir die pad wat vir hulle voorlê.”

Mense wat ’n donasie wil maak of betrokke wil raak, kan die skool skakel by 017 647 6528.

Related Articles

Back to top button