Local sportSport

Ru-Juan van Walker Park Gholfklub is die junior Ermelo-kampioen

Ru-Juan, wat van ’n vier-voorgee af speel, het rondes van 68 en 69 aangeteken vir ’n totaal van 137 houe oor 36 gaatjies, sewe houe minder as die baansyfer.

EVANDER – Die 2017 Ermelo Ope Gholftoernooi wat Saterdag, 25 Februarie op Ermelo plaasgevind het, is deur Ru-Juan Lessingh van Walker Park Gholfklub op Evander gewen.

Altesaam 83 spelers het deelgeneem.

Ru-Juan wat van ’n vier voorgee af speel, het rondes van 68 en 69 aangeteken vir ’n totaal van 137 houe oor die 36 putjies, sewe houe minder as baansyfer.

Sy telling sluit in 14 voëltjies en ses brouhoue.

Stephen Morrison, ook van Walker Park Gholfklub, is tweede met 138 (70/68) en Thys Swart van Bethal Gholfklub is derde met 140 (70/70).

Die netto-afdeling is deur Neels van Dyk met 139 houe gewen, met James Nkonde in die tweede plek met 140 houe.

Ander pryse is toegeken aan Gary Daniel vir die beste oggendronde (69) in die gross-afdeling en Jabulani Mabaso vir die beste middaggrosstelling (67).

Len Kleynhan het die beste netto-telling van die oggendronde aangeteken (70) ná ’n uittel, en Derek Fick het die beste ronde (69) in die middag se netto-afdeling aangeteken.

Die spelers was dit eens dat die baan in ’n uiters goeie toestand is ondanks die baie reën wat die afgelope tyd oor die gebied uitgesak het.

Related Articles

Back to top button