Local sportSport

Jeandré vang swaarste baber onder Secunda Hengelklublede

Secunda Hengelklub se stokke is nou gereeld in die water.

SECUNDA – Secunda Hengelklub se stokke is nou gereeld in die water en hulle wil graag ander hengelaars nooi om saam met hulle die viswaters te geniet.

Hulle hou elke eerste twee Saterdae van die maand ’n kompetisie en daar word vooraf bepaal waar die kompetisie gehou word.

“Wanneer jy ’n lid van die klub is, kry jy ’n sleutel en jy kan enige tyd daar gaan hengel.

“Om lid van die klub te bly, moet jy minstens drie kompetisies bywoon en jou ledegeld moet betaal wees,” het Clark van der Walt gesê.

Daar is baie provinsiale, oud-Springbokke, juniors, seniors en vroue in die hengelklub.

Dié klub verwelkom ook mense met gebrekke.

Die deel wat die klub het wat tot hengelaars se beskikking is, is in ’n A-, B- en C-sone gedeel.

Secunda Hengelklub het onlangs by Steenkoolspruit gaan hengel.

Altesaam 41 hengelaars het deelgeneem en 170 visse is gevang wat 195.36kg opgelewer het.

Mnr. Van der Walt het die swaarste karp (4.24kg) gevang.

Jeandré Smit het die swaarste baber wat 12.62kg geweeg het, vasgekap.

Een van die penkoppe, Andries Engelbrecht, het die prys vir die swaarste sak gewen met 37 vis (37.69kg).

Diodeen het die swaarste karp onder die vroue gevang (1.44kg) en een van die juniors, Nathan, het 15 visse (8.57kg) uitgetrek.

As jy by Secunda Hengelklub wil aansluit, skakel John by 076 111 9044, Belinda by 079 516 8728 of Dries Handferd (Damfiskaal) by 072 257 9669.

Related Articles

Back to top button