Local sportSport

Sasol 1 klop Delmas met twee paaltjies

Sasol se eerste krieketspan het Delmas geklop in ’n tuiswedstryd op Saterdag, 11 Februarie.

SECUNDA – Sasol se eerste krieketspan het die afgelope naweek teen Delmas op Secunda gespeel en hulle met twee paaltjies geklop.

Sasol het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Delmas kon slegs 142 vir agt in 50 boulbeurte aanteken.

Sasol 1 se boulers het besonder goed geboul.

Colin van Staden het 13 vir een in 10 beurte aangeteken, Dodds van Zyl 16 vir twee in 10 en Dewald Erasmus 31 vir twee in 10 beurte.

Die tuisspan se beste kolwers is Johan Scheepers met 49 lopies en Diaan du Plooy met 31.

Kaptein Neil Salzmann het die span oor die telling geneem met ’n goeie 20 nie uit nie van 30 balle.

Sasol 1 speel Saterdag tuis teen Velencia by Sasolklub.

Related Articles

Back to top button