School sportSport

Hoërskool Hoogenhout se Damian Losper verbeter drie rekords

Daar is vir die eerste keer in jare aan Riaan Dempers se rekord geraak.

BETHAL – Die rekords het by Hoërskool Hoogenhout se interhuis op Saterdag, 21 Januarie gespat.

Baie sal die steratleet Riaan Dempers onthou.

Daar is vir die eerste keer in jare aan sy rekord geraak, hoewel die rekord nie verbeter is nie.

Damian Losper het uitgeblink deur drie rekords te verbeter en een te ewenaar.

Hy het die 400m-interhuishekkiesrekord verbeter en die baanrekord vir S0/17, Riaan Dempers se 100m-baanrekord, geëwenaar.

Damien het ook die 110m-hekkies se rekord vir S0/17 verbeter.

Hy was die Senior Victor Ludorum.

Inge van der Merwe was die Senior Victrix Ludorum, Dominique Smith die Junior Victrix Ludorum en Vuyo Nyoni die Junior Victor Ludorum.

Marizelle Venter het die 400m-interhuishekkiesrekord vir D0/17 verbeter en JP Pretorius twee interhuisrekords in verspring en driesprong vir S0/16.

Anuschka Roux en Chanelle Roux het albei die 300m-interhuishekkiesrekord vir D0/14 verbeter.

Die interhuisspiesgooirekord vir S0/16 is deur Dolf Swanepoel verbeter en die 110m-interhuishekkiesrekord vir S0/17 is deur Tiaan du Preez en Damian Losper verbeter.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button