Local newsNews

Kerswense vir vier gelukkige mense

Wat ook al die behoefte, jy kan ’n persoon of instansie nomineer om hul Kerswense tot en met die waarde van R500 te bewaarheid.

BETHAL – Dit is byna Kersfees en Solidariteit Helpende Hand se Bethaltak wil mense se Kerswense bewaarheid.

Die publiek kan nou mense nomineer om hul wense waar te maak.

Solidariteit Bethal gaan oor die volgende vier weke wense ter waarde van R500 elk bewaarheid.

Kerswense kan tot 15 Desember op hul Facebookblad geplaas word vir oorweging.

“Dit is Helpende Hand se kans om terug te gee.

“Ons het heel jaar mense gehelp wat in nood verkeer en nou kry ons die geleentheid om mense se drome waar te maak.

“Dit is ’n spesiale geleentheid,” het me. Alisha de Lange, streeksorganiseerder van Helpende Hand, gesê.

Dalk ken jy ’n bejaarde wat baie graag vir sy of haar familie wil gaan kuier, maar nie ’n vliegtuigkaartjie kan bekostig nie.

Dalk weet jy van ’n kind wat ’n fiets benodig, maar die familie kan dit nie bybring nie, of ’n sopkombuis wat dringend niebederfbare voedselprodukte benodig of ’n ouetehuis wat komberse vir hul inwoners wil gee.

Wat ook al die behoefte, jy kan daardie persoon of instansie nomineer om hul Kerswense tot en met die waarde van R500 te bewaarheid.

Besoek vandag nog Solidariteit Helpende Hand Bethaltak se Facebookblad.

Wenners sal op sosiale media aangekondig word.

Vir meer inligting, skakel me. De Lange by 082 923 1438 of stuur ’n epos na alisha@helpendehand.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button