EntertainmentLifestyle

Kom geniet De Oude Schuur se plaasfees

Daar sal ook ’n 4.9km pretdraf wees, asook 55km-, 25km- en 10km-wedlope.

BETHAL – De Oude Schuur bied ’n plaasfees vol avontuur aan.

Daar kan op 29 Oktober uitgesien word na ’n 4×4-baan, veteraanmotors, ’n bergfietswedren, ’n pretdraf, uitstallings, ’n boeremark, kosstalletjies, ’n tee- en kindertuin, pannekoek, biltong en droëwors, dans en ’n privaat kroeg.

Toegang is gratis en die fees begin om 8vm.

Die dans sal saam met die orkes, Riding High, geniet kan word en begin om 6.30nm.

Toegang is R100 per persoon.

Daar sal ook ’n 4.9km pretdraf wees, asook 55km-, 25km- en 10km-wedlope.

Registrasie vir die pretdraf begin om 8vm, terwyl registrasie vir die ander wedlope om 7vm by De Oudewerf Klipskuur begin.

Deelnemers gaan unieke medaljes ontvang.

Vir meer inligting, skakel Manie Zwarts by 071 875 9588, Viekie Zwarts by 083 236 5729, Hannes Beukes by 083 453 0344 of Pieter Botes by 017 647 3200.

Die Oude Schuur Plaasfees vind 12km buite Bethal op die Morgenzonpad plaas.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button