Local newsNews

Palm-oord Residentia wil mense met Alzheimers help

Alzheimers tas gewoonlik eerste die korttermyngeheue aan en laastens die langtermyngeheue.

BETHAL – Alzheimers is ’n realiteit wat een uit elke 10 bejaardes vanaf die ouderdom van 65 in die gesig staar.

Dit kan strek oor ’n tydperk van agt tot 10 jaar.

Alzheimers tas gewoonlik eerste die korttermyngeheue aan en dan die langtermyngeheue.

Me. Marthie van der Walt, Palm-Oord Residentia se tuisversorgerorganiseerder, het verduidelik:

“Jy moet die oomblilke laat tel met iemand wat Alzheimers het.

“Dit is omdat die langtermyngeheue laaste aangetas word, dat mense met Alzheimers nog oomblikke van helderheid het.”

Palm-oord Residentia se bestuur en personeel het besef dat hulle in Alzheimersversorging kon verbeter.

Hulle het dit ook goedgedink om ’n praatjie aan te bied wat inwoners en die gemeenskap oor Alzheimers inlig.

Daar is op Wêreld Alzheimersdag op Woensdag, 21 September ’n inligtingspraatjie gehou waartydens daar ook meer verduidelik is oor wat Palm-oord Residentia vir die toekoms van Alzheimerspasiënte beplan.

Hulle het ondersoek ingestel en navorsing, plaaslik en oorsee, gedoen om te kyk watter aanpassings aan huise te maak.

Hulle het bevind dat dit die beste is om ’n huislike atmosfeer te skep.

Palm-oor Residentia beplan dus om van die woonstelle in ’n huis te omskep wat as versorgingseenheid vir hul Alzheimerspasiënte sal dien.

Dit sal ’n kombuis, badkamers en ’n tuin met ’n ontspanningsgebied bevat.

Alzheimerspasiënte sal 24 uur per dag versorg word.

Daar sal daaglikse huislike take wees waarmee hulle kan help.

“Dit is nie nodig om bang te wees vir mense met Alzheimers nie.

“Hulle bly mense en verstaan self nie waardeur hulle gaan nie.

“Behandel hulle met dieselfde respek waarmee jy hulle nog altyd behandel het.

“Dit help ook nie om te tob oor dinge wat jy self nie kan verander nie.

“Alzheimers kan nie ’n mens se siel neem nie,” het me. Van der Walt verduidelik.

Vir meer inligting, skakel Palm-oor Residentia by 017 647 2593.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button