Local sportSport

Bears verloor taai stryd

Die Bears het goed teruggeveg, maar daar was net nie genoeg lopies op die telbord om te verdedig nie.

BETHAL – Bethal Bears Krieketklub het Saterdag teen Middelburg Krieketklub te staan gekom in ’n taai stryd en die wedstryd verloor.

Bethal het die loot gewen en besluit om eerste te kolf op ’n blad wat eers moeilik gespeel het.

Hulle het gereeld paaltjies verloor totdat Jean Greyling en Andre Ponting bymekaar gekom het.

Jean het 62 lopies aangeteken en Andre 26.

Bethal is vir 149 lopies uitgeboul.

Middelburg is ingestuur om te kolf en was in beheer van die wedstryd totdat hul kaptein, Lafras Moolman wat ook die Pumas se kaptein is, sy paaltjie verloor het.

Die Bears het goed teruggeveg, maar daar was net nie genoeg lopies op die telbord om te verdedig nie.

Hul beste boulers was Neil Parsons met 3/28 in sewe beurte, Liam Korf met 1/28 in 10 beurte en Joash Sentoo met 1/32 in 10 beurte.

Na afloop van die naweek se wedstryde is Middelburg 1 eerste op die punteleer met Bethal in die tweede plek gevolg deur Msakaligwa Warriors van Ermelo en Sasol Krieketklub derde en vierde.

Bethal speel eerskomende Saterdag teen Musakaligwa Warriors op Ermelo.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button