Local newsNews

Leticia sterf na tweede hartoorplanting

Oorsaak vir Leticia se dood nog nie bekend nie.

BETHAL – Dit is met leedwese dat die Ridge Times vanoggend moet berig dat me. Leticia Nel (28) gisteraand, 24 Junie, omstreeks 10.20nm dood is.

Haar toestand was die laaste paar dae onveranderd na haar tweede hartoperasie en die oorsaak vir haar dood is nog onbekend.

Haar man, mnr. Jurgens Nel, was te getraumatiseerd om met die Ridge Times te praat.

Die dans wat gereël is om geld in te samel om die hospitaalkoste te help betaal, is gister gehou.

In haar eerste onderhoud met die Ridge Times het me. Nel bekommerd vertel dat sy nie wou hê haar kinders moet sonder ‘n ma groot word nie.

“Ek mis dit om met my kinders te speel, hulle by die skool te gaan haal en vir my gesin te sorg.

“Vandag kan ek nie eers meer skottelgoed was nie.

“My vriende moet sonder my uitgaan en ek mis soveel van my kinders se skolesport.

“Dit is onmoontlik om langs ’n sportveld te sit en my kinders te ondersteun,” het me. Nel vertel.

Haar dogter kry snags nagmerries en skree in haar slaap: “Nee mamma, waarheen gaan jy!”

“Dit maak my die hartseerste om te sien hoe my kinders daaronder ly en my man heeltyd sterk moet bly,” het me. Nel vertel.

image
Leticia Nel en haar twee kinders, LJ en Marie

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button