Local newsNews

Japsnoet help DBV

SECUNDA – Japsnoet Kleuterskool het tydens hul tema, Behulpsame Mense, die Hoëveldrif DBV genooi om by hulle te kuier. Me. Jenneth Geel en me. Jenna-Lee Redman het die kleuterskool op 24 Mei saam met hul honde, Saki en Vlooi, besoek. Me. Geel het met die kleuters gepraat oor dierebeskerming, troeteldiere en oor watter goeie werk …

SECUNDA – Japsnoet Kleuterskool het tydens hul tema, Behulpsame Mense, die Hoëveldrif DBV genooi om by hulle te kuier.

Me. Jenneth Geel en me. Jenna-Lee Redman het die kleuterskool op 24 Mei saam met hul honde, Saki en Vlooi, besoek.

Me. Geel het met die kleuters gepraat oor dierebeskerming, troeteldiere en oor watter goeie werk die DBV vir diereregte in die plaaslike gemeenskappe doen.

Kinders het blikkieskos en komberse wat hul ingesamel het, aan die DBV oorhandig.

Volgens me. Geel is dié skenkings genoeg om die siekerige, ou of baie klein hondjies vir twee weke van sagte kos te voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button