Local sportSport

Andries wil baklei vir atletiek

Een van die projekte in die pyplyn is om Secunda Stadion op te gradeer.

BETHAL – Mnr. Andries Burger is ’n voormalige Springbok-hekkiesatleet en is tans die keurder vir die Junior Mpumalanga-atletiekspan en is voorsitter van die baan en veld.

Hy het drie keer vir die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap gekwalifiseer toe hy hekkies gehardloop het.

Mnr. Burger het aan Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer en vir die skool se eerste rugbyspan gespeel.

Hy het na skool optometrie aan die Universiteit van Johannesburg studeer en ook ’n nagraadse diploma in sportvisie voltooi.

Mnr. Burger is in 2006 getroud en die gesin het hul op Bethal gevestig.

Hy rig tans atletiek af saam met mnr. Anton de Jager.

“My liefde vir atletiek het gemaak dat ek weer by atletiek betrokke raak. Dit is lekker om ’n verskil op grondvlak as afrigter te maak. Veral met die transformasie waardeur Mpumalanga Atletiek gegaan het, kan ek help om te baklei vir atletiek en vir Mpumalanga se atlete,” het mnr. Burger vertel.

“Mpumalanga-atlete het goed gevaar vanjaar en 22 medaljes by die Suid-Afrikaanse Atleiekkampioenskap gewen. Ons wil probeer om meer voorseisoenbyeenkomste aan te bied. Een van die projekte wat in die pyplyn is, is om die Secunda Stadion op te gradeer. Ons praat tans met die Govan Mbeki Munisipaliteit hieroor. Dit sal goed wees as ons ook weer meestersatletiek kan hervestig,” het mnr. Burger verduidelik.

Hy het gevra dat mense by Mpumalanga Atletiek betrokke raak.

Vir meer inligting, stuur ’n epos na me. Hellouise van Dyk by h.vdyk@athleticsmpumalanga.co.za of mnr. Burger by andriesjburger@yahoo.com.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button