GalleriesSchools galleries

’n Karnaval van kleure by Mnr. en Mej. Oosterland

Hoërskool Oosterland het hulle jaarlikse Mnr. en Mej. Oosterland spogaand by die Graceland Arena gehou op 18 Mei. Die tema was Karnaval, en die deelnemers het besonder baie moeite gedoen om die kleurvolle speelse tema in hulle uitrustings uit te beeld. Die dogters was beeldskoon, met glimlagte amper so groot soos hulle krulle, en die jong mans was deftig en dapper in hulle aandpakke. Letticha Potgieter en Alonso van Schalkwyk is aangewys as Mnr. en Mej. Ooosterland. Veronica Botha en Henco Combrinck is aangewys as eerste prins en prinses, en Bianca Oosthuysen en Monré De Langen is aangwys as tweede prins en prinses.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button