EntertainmentLifestyleNewsSchools

Laerskool Secunda Vroue-oggend ’n sukses

“Mooiste vrou, jy kan ’n verskil maak.”

SECUNDA – Meer as 600 vroue het Laerskool Secunda se spesiale vroue-oggend bygewoon.

Dit is op 14 Mei in die Graceland Arena aangebied.

Elke tafel het ’n gasvrou gehad wat die tafels versier het en elke gas het ’n geskenkpakkie ontvang.

Die seremoniemeester was mnr. Dieter Uken, bekende plaaslike sanger en verhoogpersoonlikheid.

Die plaaslike sanger Ronaldo het harte week gemaak met sy sang.

Me. Marietha Cole, hoof, het gaste verwelkom en haar boodskap was: “Mooiste vrou, jy kan ’n verskil maak.”

Die gasspreker was me. Elsabe Aldrich, die Pret Prater.

Sy is reeds vir 17 jaar ’n motiveringspreker, bied huwelikseminare aan en praat ook met tieners.

Sy is ook ’n joernalis en skrywer.

Related Articles

Back to top button