Local newsNews

Amper tyd vir pastoriemark

Derde mark word aangebied en inwoners word genooi.

Die derde Pastoriemark wat deur die N.G. Kerk Bethal-Noord aangebied word, vind vanaf 1 tot 4 Desember vanaf 9vm tot 7nm plaas.

“Ons 10 top uitstallers van verlede jaar is weer hier en verskeie nuwe uitstallers het ook bygekom,” het me. Marita Oosthuizen gesê.

Van die nuwe produkte wat uitgestal gaan word, is handgemaakte penne en potlode, bobaas melkterte, diabetiese beskuit, lekkers, nuwe hekelwerk, serpe en krale, “scrapbooking” artikels, versierde bottels en nog vele meer.

Dan sal die publiek ook weer koeksisters, pasteitjies, tuisgesmaakte lekkers, konfyte, droë vrugte, vrugtekoek, bokmelkprodukte, kleinkoekies, boer en wit beskuit, geelmeel, juwele, ornamente, muurbehangsels, skinkborde, Christelike boeke en geskenkies, handpoppe, borduurartikels, klere en nog vele meer daar aantref.

By die teetuin kan gaste heerlik ontspan met ligte verversings en middagetes.

Aandetes kan elke aand gekoop word vanaf 4.30nm tot 7nm en kos slegs R45.

Bestellings kan ook vooraf geplaas word by me. Ella Louw 072 548 1329 of me. Maxie Steenkamp 082 401 4840.

Die mark dien as ‘n gemeenskapsprojek waar kunstige mense hulself of hul artikels kan kom bemark en die publiek dan ook die kans kry om dit onder oë te kry en hul Kersaankope te doen.

Vir meer inligting oor die mark of uitstallers, skakel me. Oosthuizen by 082 291 3558 of stuur ’n epos na maritao@vodamail.co.za.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

Related Articles

Back to top button