Local newsNews

Maak ’n verskil in ander se lewens

Skakel me. Christene Schoonbee (Voorsitter) by 082 731 1360.

SECUNDA – Armoede is ’n daaglikse probleem en soveel mense is sonder werk en kan net eenvoudig nie vir hulle gesin sorg nie.

Solidariteit Helpende Hand se tak op Secunda het ’n paar wenke gegee hoe die gemeenskap behoeftiges kan help.

Armoede onder mense is ‘n groot probleem en dit lyk of dit al hoe groter word.

Hulp van amptelike instansies is ook skaars en Solidariteit Helpende Hand wil die kwessie van Afrikaner-armoede verlig, voorkom en uiteindelik te verbreek.

Inwoners kan deel wees van die oplossing deur deel te word van dié organisasie.

“Verbreking van armoede sal slegs geskied as ons mense in staat is om vir hulself te sorg.”

Daarom het Helpende Hand ‘n sterk fokus op opleiding en selfontwikkeling.

Die organisasie sorg tans dat 4 500 kleuters daagliks twee warm etes ontvang om ’n gesonde breinontwikkeling te verseker.

Daarby word daar ook rentevrye studielenings vir meer as 1 400 studente jaarliks uitgedeel.

Die hoeveelheid sal na verwagting drasties groei in die nabye toekoms.

Helpende Hand se droom is dat elke Afrikaner selfstandig en verantwoordelik vir hom/haarself sal word, maar totdat hierdie droom verwesenlik word, is Helpende Hand en sy takke daar om die verligting en voorkoming van armoede aan te pak.

Die organisasie nooi die gemeenskap om deel van die span van minstens 1 200 vrywilligers landwyd te word wat op plaaslike vlak werk.

Skakel me. Christene Schoonbee, voorsitter, by 082 731 1360.

“Kom maak saam met ons ’n verskil deur hande beskikbaar te stel en deel te word van Helpende Hand,” het me. Schoonbee gesê.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button