School sportSport

Oosies presteer goed

Oosterland se rugbyspanne maak almal trots.

Hoërskool Oosterland se 0/14-rugbyspan is die Mpumalanga-wenners.

Dié skool se rugbyspanne maak almal trots met die eerstespan en die 0/15-span wat as Mpumalanga-naaswenners uit die stryd getree het.

Oosterland het mnr. Labuschagne en sy 0/14-span met hul wen van 17-5 teen Bergvlam en hul titel as Mpumalanga-wenners geluk gewens.

Die 0/14-span speel die naweek in die halfeindstryd teen Limpopo se naaswenner, Nylstroom, op Nylstroom.

Die ander twee spanne speel op Saterdag, 1 Augustus hul halfeindwedstryde tuis.

Oosterland se trotse 0/14-span.
Oosterland se trotse 0/14-span.
Oosterland se eerstespan speel op 1 Augustus tuis.
Oosterland se eerstespan speel op 1 Augustus tuis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button