Local newsNewsSchools

Laerskole ontvang mussies

“Spur ondersteun die gemeenskap geweldig baie en ons as DA-lede is baie dankbaar.”

BETHAL – Mnr. Albert Swart, eienaar van Spur, het onlangs weer na die gemeenskap uitgereik toe hy 100 mussies aan die DA se lede geskenk het.

DA-lede het op hul beurt die mussies aan die behoeftige leerlinge van Laerskool Marietjie van Niekerk en Laerskool H.M. Swart geskenk.

Die mussies is so verdeel dat elke skool 50 mussies met die kleur van die skool ontvang het.

Volgens mnr. Swart is die mussies so gekoop dat die leerlinge dit mag skool toe dra.

Me. Michelle Viljoen en mnr. Hennie Rademeyer het op Donderdag, 23 Julie die mussies aan die skole oorhandig.

“Die uitdrukkings op die kinders se gesigte is onbeskryflik en dit is so lekker om iemand anders, al is dit ’n kind, se dag te maak,” het me. Viljoen gesê.

Dit is veral in die winter wat mense na behoeftige leerlinge toe moet uitreik omdat so baie van hulle amper niks het nie.

Albei skole het die DA en Spur vir hulle ondersteuning en hulp bedank.

“Spur ondersteun die gemeenskap geweldig baie en ons as DA-lede is baie dankbaar.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button